www.benwa.co.za
Home | Saamtrekdatums 2010 | Foto gallery

briefhoof.jpg

Welkom by Benwa!

Ons Missie
 
Om bekostigbare ontspanning en vermaak binne 'n
familie- en omgewingsvriendelike opset aan te bied.  Ons doel is andersyds ook om 'n ontspanne atmosfeer te skep tydens saamtrekke waar elke volwassene en kind die verantwoordelikheid op hom- of haarself neem om die ongeskrewe reëls na te kom.  Die formaliteit van vergaderings en komitees is nie deel van Benwa nie en elke persoon bepaal self hoe die saamtrek vir hom of haar sal verloop.  Die klem in Benwa lê op ontspanning terwyl vermaak ook tydens saamtrekke aangebied word.
 
Ons Geskiedenis

Terwyl Ben Theunissen die Vroeë-oggendsessie op Jakaranda 94.2 aangebied het, het hy besluit om ‘n groep woonwakampeerders na Loskopdam te neem vir ‘n naweek van ontspanning en vermaak.  Een honderd woonwaens het die naweek meegemaak wat inderdaad ‘n reuse sukses was.

Die behoefte daarna, was so groot vir nog sulke naweke dat daar besluit is om eenkeer per maand te gaan kamp.

Nadat hy die diens van Jakaranda 94.2 verlaat het, het die vriendekring voortbestaan en word daar steeds eenkeer per maand gekamp by verskillende parke onder die vaandel van BENWA.

Tydens BENWA-naweke word daar op vermaak en ontspanning gekonsentreer met die twee spanne, die Bobbejane en Vlakvarke, wat mekaar die stryd aansê op verskeie terreine.  

Die standaard van parke wat besoek word is prioriteit en eenmaal per jaar gaan kamp ons vir ‘n week of twee, (gewoonlik by die see).

BENWA het al besoek afgelê by Mosambiek met 57 gesinne en La Mouette op die Noordkus  met 35 woonwaens.

Daar word ook treinritte onderneem soos bv. Die Garnaalfees in Komatipoort, die Druiwefees in Nylstroom en ook  die Goudpanfees in Pelgrimsrus.  Somtyds reël ons bustoere na die Wildtuin ens.

 
 
KONTAK ONS:
Ben en Tersia Theunissen

dscf6444.jpg

Tel: 082  855 8930  

Faks na Epos: 086 543 7525

weyerit@unisa.ac.za